2000 - ASSA Bloemfontein Centre

Februarie 18de, 2000, Boyden Sterrewag om 7nm.
Dr. Pieter Meintjies gee 'n baie interressante praatjie oor die navorsings projekte wat vir Boyden beplan word, asook 'n inleiding oor die kataklismiese veranderlikes wat deel vorm van die navorsing.

Maart 11de, 2000, Boyden Sterrewag om 7nm.
Die eerste verskyning van die jeug nuusbrief "Astro-Vontuur Rubriek" maak sy verskyning saam met die nuusbrief.
Dr. Pieter Meintjies demonstreer die gebruik van die CCD kamera op die 13 duim, asook die proses om veranderlike sterre te bestudeer.

April 8ste, 2000, Fisika gebou, UOVS, om 3nm.
Hannes stel die son teleskoop op. Die swart kolle en vlamme was goed sigbaar. Braam gee 'n praatjie oor die son.

Mei 13de, 2000, Boyden Sterrewag, UOVS om 7nm.
Braam gee 'n praatjie oor meteoriete, hulle ontstaan, verskillende soorte, die observasie en bestudering daarvan. Observasies.

Junie 3de, 2000, Boyden Sterrewag om 7nm.
Jaarvergadering. Ons voorsitter Braam Van Zyl lewer die voorsitters verslag asook die finansiële verslag.
Die komitee word verkies en lyk soos volg:
Voorsitter en Nuusbrief: Dawie Van Jaarsveldt
Tesourier: Braam Van Zyl
Observasie Direkteur: Hannes Calitz
Sekretaresse: Grietjie Erasmus
Klubhuis Kurator: Thinus Van Der Merwe
Addisionele lid: Deon Steyn
Jeugprogram: Deirdre Van Jaarsveldt
Anrew Crichton stel ons vereniging se eie webblad bekend.
Elizma Koen spreek ons toe oor die moontlikheid van lewe op Mars.
Op die jaarvergadering is die vereniging se logo bekend gestel. Dit bevat die beroemde Metcalf teleskoop en eer sy maker, Joel Hastings Metcalf as amateur astronoom van die vorige eeu.
Observasies.

Julie 8ste, 2000, Boyden Sterrwag om 7nm.
Neels Raath lewer 'n praatjie oor die misterie van Orion.
Hannes Calitz neem ons weer op 'n toer deur die konstelasies.
Observasies.

Augustus 5de, 2000, Boyden Sterrewag om 7nm.
Jacques Berner gee 'n praatjie oor die misterie van die Krap Newel, en dat die Chinese astronome die ontploffing die eerste waargeneem het. As hulle iets gemis het, is hulle koppe afgekap!!
Hannes Calitz het verder gegaan met die konstelasies en aan elkeen 'n sterkaart gegee wat ons vergelyk met die sterre bo Boyden.
Observasies.

September 9de, 2000, Boyden Sterrewag om 7nm.
Hannes Calitz verduidelik hoe die verskillende spektrums van liggolwe werk en hoe ons die hemelruim daarvolgens waarneem.
Observasies.

Oktober 7de, 2000, Boyden Sterrewag om 7nm.
Pieter Meintjies gee 'n praatjie oor radio sterrekunde en vergelyk vir ons foto's wat visueel gesien kan word en die wat met die radio teleskope "gesien" word. Wat 'n verskil. Daar is baie wat ons nie met die blote oog gesien kan word nie. Hy vertel ook van die verskillende radio teleskope wat daar is en wys ons 'n klomp foto's daarvan.
Grietjie Erasmus vertel ons van die verskillende konstelasies en die mitologie daaragter.
November 4de, 2000, Boyden Sterrewag om 7nm.
Daar word in twee groepe gedeel en 'n vasvra word gehou. Pieter Meintjies vra die vrae en dit ly tot 'n groot kopkrap en skaterlag. Hy het sommer op die vrae uitgebrei en ons het baie geleer.
Observasies.

Desember 2de, 2000, Boyden Sterrewag om 7nm.
'n Braai word gehou en daarna lewer Dawie van Jaarsveldt 'm praatjie oor Edwin Hubble.
Observasies.