1998 - ASSA Bloemfontein Centre

Februarie 14de, 1998, Boyden Sterrewag om 2nm.
Lede kom by Boyden byeen om die klubhuis skoon te maak wat aan ons gegee is.

Mei 16de, 1998, Boyden Sterrewag om 7nm.
Hannes Calitz gee 'n praatjie oor die natuur van galaksies.
Observasies deur die 13 en 60 duim teleskope.

Junie 27ste, 1998, Boyden Sterrewag om 7nm.
Dawie Van Jaarsveldt gee 'n praatjie oor die geskiedenis van Boyden Sterrewag.
Observasies deur die 13 en 60 duim teleskope.

Julie 25ste, 1998, Boyden Sterrewag om 7nm.
Algemene jaarvergadering. Die voorsitter Braam Van Zyl lewer die jaarverslag en finansiële verslag, en die nuwe komitee word verkies:
Voorsitter: Braam Van Zyl
Onder Voorsitter: Hannes Calitz
Sekretaresse: Grietjie Erasmus
Adisionele lede: Deirdre Van Jaarsveldt
Dawie Van Jaarsveldt
Deon Steyn

Augustus 8ste, 1998, Boyden Sterrewag om 7nm.
Die maansverduistering word observeer en bespreek.

September 5, 1998, Boyden Sterrewag om 7nm.
Hannes Calitz gee 'n praatjie oor die afstande in die hemelruim.
Observasies deur die 13 en 60 duim teleskope.

Desember 5de, 1998, Boyden Sterrewag om 7nm.
Die jaar se afsluiting word gehou deur 'n braai en lekker kuier.