1997 - ASSA Bloemfontein Centre

In 1997 het die vereniging se lede begin diens doen by die Vriende van Boyden se ope aande.

Februarie 21ste, 1997, Boyden Sterrewag om 7nm.
Hannes Calitz gee 'n praatjie oor die skokgolwe wat galaksies maak wat deur die hemelruim beweeg en die effek daarvan.
Observasies deur die 60 en 13 duim teleskope.

Maart 24ste, 1997, Boyden Sterrewag om 7nm.
Die maansverduistering word observeer en bespreek.

April 18de, 1997, Boyden Sterrewag om 7nm.
Komeet Hale-Bop word observeer en bespreek. Wat 'n pragtige gesig!

Junie 27ste, 1997, Boyden Sterrwag om 7nm.
Braam Van Zyl gee 'n praatjie oor die onstaan van sterre wat hy met projekter illustreer. Observasies deur die 60 en 13 duim teleskope.

Augustus 15de, 1997, Boyden Sterrwag om 7nm.
Jaarvergadering. Die voorsitter Braam Van Zyl lees die jaarverslag waarna die komitee gekies word:
Voorsitter: Braam Van Zyl
Onder Voorsitter: Hannes Calitz
Sekretaresse: Grietjie Erasmus
Tesourier: Elna Pienaar
Addisionele lede: Deirdre Van Jaarsveldt
Dawie Van Jaarsveldt
Verteenwoordiger by die raad: Chris de Coning.
Observasies.

September 16de, 1997, Boyden Sterrewag om 7nm.
Die maansverduistering word observeer en bespreek.

Oktober 4de, 1997, Boyden Sterrewag om 7nm.
Braam van Zyl gee 'n praatjie oor astroeides. Observasies deur die 60 duim en die 13 duim.

Desember 12de, 1997, Boyden Sterrewag om 4nm.
Afluiting deur 'n bring en braai en observasies deur die 60 duim en die 13 duim.