1995 - ASSA Bloemfontein Centre

Januarie 31ste, 1995, Departement Fisika, UOVS, om 7nm.
Ongeveer 30 persone was teenwoordig. 'n Skyfiereeks met klankbaan aangaande die somerlug is vertoon. Aantekeninge is deur die teenwoordig gevolg tydens die skyfiereeks, om begrip te vergemaklik. Mnr. H. Calitz, (vorige voorsitter) het die beplanning van 'n drie dag kursus in basiese (inleidende) Sterrekunde bespreek. 'n Kursusfooi van R20,00 per persoon sal gehef word. Beplande datums: 06/02/1995, 21/02/1995, 28/02/1995 om 19h00. Beplande plek: Boyden Sterrewag.
Mnr. C. de Coning het die voorstel van 'n "naweek onder die sterre" aan die groep voorgelê. Koppiesrus, ekologiese opvoedkundige senrtrum, is as plek voorgestel. Datums sal vasgestel word.
Mnr. B. Van Zyl (voorsitter) het betrokkenheid van elke lid aangemoedig en 'n teleskoopbouprojek is voorgestel vir verdere oorweging.

Februarie 6de - 27ste, 1995, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Mnr. Hannes Calitz, vorige voorsitter, het 'n inleidende kursus aangaande Sterrekunde aangebied. Die kursus het oor drie weke gestrek en is op Maandagaande aangebied. Twintig persone het die kursus bygewoon en 'n fooi van R20,00 per persoon is gehef. Hierdie kursus is aangebied met die oog op vorming van klein werkgroepe.

Maart 7de - 28ste, 1995, Onderwyssentrum, om 7nm.
'n Inleidende kursus is soos tydens September 1994, deur Mev. Magdaleen Schoch van die Onderwyssentrum aangebied. Besondere aandag is aan die "evolusie van sterre" gegee.

Maart 17de, 1995, Koppiesrus Ekologiese Opvoedkundige sentrum, om 7nm.
'n Sterre navigasie aand is by die sentrum aangebied. Ongeveer 20 mense het die aand kom geniet. Die skattejag onder die sterre het vir baie pret gesorg en die teenwoordig het die aand met 'n bring en braai afgesluit. Sommige persone het oornag en het hierdie spesiale byeenkoms ontspannend en genotvol ervaar.

April 18de, 1995, Boyden Sterrewag om 7nm.
'n Byeenkoms aangaande groepvorming is gehou.

April 25ste, 1995, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
'n Praatjie deur Mev. Magdaleen Schoch, van die Onderwyssentrum, aangaande "Genesis en die Oerknal", het 60 mense gelok. 'n Resensie van die Boek "Genisis and the Big Bang" deur die Joodse fisikus en teoloog Gerald Schroeder, is gelewer.
'n Skyfievertoning met klankbaan oor die herfslug is met behulp van aantekeninge gevolg.
'n Koerantberiggie ter advertering van hierdie byeenkoms het reaksie uitgelok weens die publisering van "Suid-Afrikaanse Astrologiese Vereniging" in plaas van "Astronomie Vereniging van Suid-Afrika". Die drukkersduiwel het die skuld gekry en "Ons Stad" is bedank vir hulle reklame.

Mei 26ste, 1995, Boyden Sterrewag, om 7nm.
'n Deurnag sterrenag is gehou. Ongeveer 40 persone het ten spyte van bewolkte toestande opgedaag, waaronder 'n paar persone van die Impala Vliegeskader was. Ongeveer 10 persone het die koue trotseer om deur die nag sterre te kyk. 10 Studente en 2 dosente van die departement fotografie aan die Technikon OVS het foto's geneem deur die aand.
'n Praatjie aangaande teleskope is deur Mnr. Barnie Fourie aangebied.

Junie 26ste, 1995, Algemene Jaarvergadering, Departement Fisika, UOVS, om 7nm.
Die Voorsitter, Mnr. Braam Van Zyl het 'n jaarverslag gelewer waaronder 'n sespunt plan van die Bestuur voorgelê is. Hier is 'n samevatting: Maandelikse nuusbriewe is aan lede gestuur. Die media is van inligting voorsien en praatjies is oor die radio gelewer. Inligtingspraatjies is gelewer en skole is betrek, bv. Die Buitelugskool op Zastron, 'n Skool in Brandfort, asook Fouriesburg. Deur middel van ons Kaapstadse Korrespodent, Mnr, Chris De Coning, is ons tak by die nasionale vereniging verteenwoordig. Die jaarlikse Astronomie simposium word dan ook in 1995 te Bloemfontein gehou.
Die grootste teleurstelling van die jaar is beskou as die swak ondersteuning van werkgroepies. Die hoogtepunt word beskou as die genot wat elke lid ervaar met die beoefening van die stokperdjie. Die voorsitter het ook Mnr. Matie Hoffman vir sy insette en ondersteuning bedank. Mev. Schoch van die onderwyssentrum is bedank vir haar besondere bydraes en die bestuur is ook bedank.
Die voorsitter het die teenwoordig ingelig met betrekking tot die Astronomie simposium wat vanaf 26 tot 28 September by die Onderwyssentrum, Bloemfontein, aangebied word.
'n Finasiële verslag is gelewer.
Die nuwe bestuur is gekies en is as volg:
Voorsitter: Mnr. Hannes Calitz
Ondervoorsitter: Mnr. Deon Stein.
Sekretaresse: Mej. Grietjie Erasmus
Tesouriere: Mej. Elna Pienaar
Drie Addisionele lede: Mnr. Braam Van Zyl
Mnr. Nic Van Der Walt
Mnr. Barnie Fourie
Mnr. Barnie Fourie het die aanskaffing van 'n teleskoop deur elke lid as sy ideaal gestel. Die basiese werking van 'n Buschnell is verduidelik.
Mnr. Matie Hoffman van Departement Fisika het 'n insiggewende praatjie aangaande die teorie van die oerknal en sy mees basiese beginsels gegee.
Augustus 28ste, 1995, Boyden Sterrewag, om 7nm.
Die byeenkoms is gewy aan observasies van die hele suidelike hemel.

September 27ste - 29ste, 1995, ASSA Simposium, Onderwyssentrum, om 7nm.
Die ASSA Simposium was hoogs suksesvol en was 'n plesier om by te woon. Vyf uit die 7 lede van die reëlings komitee was lede van die Bloemfonteintak.
Die lede was soos volg:
Mev. M. Schoch (Voorsitter)
Mnr. B. Van Zyl (Finansies)
Mev. D. Van Jaarsveldt (Sekretaresse)
Mnr. C. De Coning
Mnr. D. Steyn
Mnr. N. Van Der Walt
Mnr. M. Hoffman

Hier is 'n opsomming van die program:

Program: Derde AVSA Simposium. 27 - 29 September 1995.

DINSDAG 26 SEPTEMBER

Aankoms van Simposium Gaste
18:45 Vervoer vertrek vanaf Onderwyssentrum
19:30 King's Singers Konsert - Sand du Plessis Teater

WOENSDAG 27 SEPTEMBER

08:00 REGISTRASIE
08:50 VERWELKOMING - Mnr. G. v.N. de Villiers - Hoof, Onderwyssentrum
Sessie 1 (Voorsitter: Mnr. M.J.H. Hoffman)
09:00 "The large Scale Distribution of Galaxies in Three Dimensions" - Prof A. P. Fairal - Departement Sterrekunde, Universiteit van Zoeloeland.
10:00 "Music from the Spheres" - Dr P. Martinex - Departement Sterrekunde, Universiteit van Kaapstad
10:30 Tee
Sessie 2 (Voorsitter: Prof Beesham)
11:00 "Binary Stars with Special Reference to Centaurus X-3" - Mnr. H.J. Smit - Departement Biofisika, UOVS
11:30 Verslag deur die Voorsitter van die Okkultasie Seksie - Mnr. Danie Overbeek - Johannesburg
12:00 Verslag deur die Voorsitter van die komeet en Meteoriet Seksie: "The Rate Profile of the Eta Aquarid Meteor Shower" - Mnr T.P. Cooper - Kemptonpark
12:30 Middagete
Sessie 3 (Voorsitter: Mnr. Cooper)
14:00 Spogsessie vir Amateurtakke van AVSA - Natal, Rhodes, Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en Bloemfontein
15:30 Tee

DONDERDAG 28 SEPTEMBER

Sessie 1 (Voorsitter: Dr. P. Martinez)
09:00 "Schoemaker-Levy 9 and Jupiter"
Lesing 1: Dr R. S. Stobie - Direkteur: SAAO
Lesing 2: Dr. D. P. Smits - Hartrao
10:30 Tee (Groepfoto word geneem)
Sessie 2 (Voorsitter: Dr. D. P. Smits)
14:00 "Recent Comet Observations from Southern Africa" Mnr. T.P. Cooper - Kemptonpark
14:30 "Famous South African Astronomers" Mnr. R. F. Hurly - Kaapstad
15:00 Boyden Observatory: Past, Present and Future?"
Die Verlede: Mnr. C. De Coning - Departement Geskiedenis, Vista Universiteit
Die Hede en die Toekoms: Mnr. M. J. H. Hoffman - Departement Fisika, UOVS
15:30 Tee

VRYDAG 29 SEPTEMBER
Sessie 1 (Voorsitter: Mnr. D. Steyn)
09:00 "Eclipses" - Mnr. R. F. Hurly - Kaapstad
09:30 "Ancient Indian Religious Astronomy of the Stone Ruins of Komatiland" - Dr. C. Hromnik - Kaapstad
10:00 Toer van Departement Sterrekunde (insluitende sterrewag), Onderwyssentrum - Mev Schoch - Onderwyssenrtrum,
10:30 Tee
12:50 Afsluitingsete

AANDGELEENTHEDE
PROGRAM

27 SEPTEMBER: LAMONT HUSSEY
17:30 Bus vertrek vanaf Onderwyssentrum
18:30 Aankoms by Lamont Hussey (Sterrewagteater). Sjerrie word bedien
18:45 Die Burgermeester van Bloemfontein arriveer
19:00 Verwelkoming: Mnr. P. Vorster - Die Burgermeester van Bloemfontein
19:10 Lamont Hussey, 'n Geskiedkundige Terugblik: Mnr. C. De Coning - Departement Geskiedenis, Vista Universiteit
19:30 Gasspreker: Dr. R.S. Stobie - Direkteur , SAAO - Toeligting oor die voorgenome "South African Large Telescope" (SALT)
Vingerete

28 SEPTEMBER: BOYDEN STERREWAG
17:30 Bus vertrek vanaf Onderwyssentrum
18:00 Aankoms by Boyden Sterrewag. Besigtiging van die Fasiliteite. Drankies word geniet
19:00 Verwelkoming: Prof F.P. Retief - Rektor - UOVS
19:15 Braaivleis
20:15 Toeligting van Boyden: Mnr. M.J.H. Hoffman - Departement Fisika, UOVS. Sterrekysessie
21:15 Koffie
22:00 Bus vertrek vanaf Boyden Sterrewag

Oktober die 12de, 1995, Boyden Sterrewag om 7nm
Barnie Fourie het ons alles van teleskope en die bou daarvan vertel. Die moontlike gebruik van een van die geboue op Boyden vir 'n klubhuis is met groot geesdrif aanvaar en 'n brief vir goedkeuring sal aan die Fisika Departement, UOVS, gestuur word. Daar is ook werkgroepe vir die verskillende aspekte van sterrekunde voorgestel. Ons het ook 'n lekker koppie tee geniet en toe weer 'n paar sterre opgesoek.

November die 13de, 1995, Boyden Sterrewag om 7nm
Chris de Coning het vir ons meer vertel oor die geskiedenis van sterre en tyd en hoe die twee ook bymekaar kom. Observasies.

Desember 2de, 1995, Boyden Sterrewag om 7nm.
Afsluitingsfunksie bestaande uit 'n bring en braai. Ongelukkig was daar slegs van die bestuurslede wat opgedaag het, maar die wat daar was het die aand baie geniet. Observasies.