1992 - ASSA Bloemfontein Centre

Julie 31ste, 1992, Algemene Jaarvergadering, Fisika gebou, UOVS, om 7nm.
Die voorsitter spreek die hoop uit dat die goeie opkoms gehandhaaf kan word en dat dit 'n groei in die vereniging se aktiwiteite tot gevolg sal hê.
Hierna word die volgende komitee verkies:
Voorsitter: Mnr. H. van der Walt
Ondervoorsitter: Mnr. H. Calitz
Sekretaresse: Mev. T. Venter
Komiteelede: Mnre. B. van Zyl, C. de Coning, Mej. L. Hatting
Die voorsitter sal die name van die komitee lede aan die hoofkantoor stuur. 'n Voorstel dat lede R2 p.m. bydra vir tee, koffie, melk ens vir byeenkomste word aanvaar.
Die Departement Fisika sal deur Mnr. Calitz genader word dat die Vereniging hul vergaderings by Boyden Sterrewag hou. Hy meld dat hulle wel al tentatief genader is en dat die departement die volgende teenpretasie vra vir die gebruik van die sterrewag: lede moet bereid wees om groepe uit te neem en inligting daar te verskaf. Van die lede is reeds bereid. Indien daar dan wel daar vergader word sal die groep dan elke laaste Vrydag van die maand om 18:30 by die Fisika gebou bymekaar kom en van daar vertrek.
'n Voorstel dat daar bepaal moet word wat elke persoon se motivering is om by die vereniging aan te sluit, sy belangstellingsterrein en gebiede waarop hy meer inligting verlang word aanvaar. Die sekretaresse sal so 'n vraelys saamstel en uitstuur. Elke lid kan dan die geleentheid kry om 'n bydrae te lewer. Enige interessante brokkies inligting kan tydens die byeenkomste oorgedra word.
Mnr. van der Walt gee 'n interessante praatjie oor konstelasies, die ontstaan van hul name, winter- en somer konstelasies asook beweging in die hemelruim.
Mnr. Calitz wys op die waarde van kaarte en lig 'n paar beginsels uit. Daarna word daar na 'n verskeidenheid skyfies gekyk. Van die lede benut daarna die geleentheid om konstellasies te identifiseer vanaf die dak van die gebou.

September 18de, 1992, Huis van Mnr. van Der Walt, om 7nm.
In stede van die R2 per maand word R10 per jaar voorgestel vir ledegeld. Die boekjaar sal strek vanaf 1 Julie - 30 Junie. Daar is 'n bedrag op spaar by Trust Bank, wat na die goue spaar oorgeplaas kan word. Die Voorsitter sal ondersoek instel.
Die uitvat van groepe na Boyden word bespreek. Mnr. Calitz is die enigste lid wat dit doen, en die ander is ook bereid. Daar sal gepoog word om dit met ons normale uitstappies of ander vaste datums te koördineer. Daar word wel bevestig dat die bymekaarkomplek by die Fisika departement sal wees. Alternatiewe programme sal gereël word by Boyden.
In die vraelys sal belangstellings, kundigheid, ens bepaal word. Dit sal 'n belangrike rol speel in die bepaling van aktiwiteite en daarom moet dit met sorg saamgestel word. 'n Konsep sal deur die Voorsitter, onder-voorsitter en sekretaresse en uitgestuur word.
Mej. Hatting kan vir afslag beding op apparatuur vir lede en sal dit voor lê op vergaderings. Die adres lys sal aan lede beskikbaar gestel word. Daar kan van die Munisipaleit se "What's On" reklameblad gebruik gemaak word om die vergaderings en byeenkomste van die Vereniging te adverteer. 'n Kalender van sterrekundige gebeure kan tydens elke lede vergadering vir die komende maand uitgedeel word.
'n Voorstel dat ledevergaderings 'n vaste struktuur het vind byval. Elemente soos die volgende kan ingeluit word: 1. Rapportering oor interessante sake. 2. Vrae en antwoorde. 3. Onderwerp.
Die probleem dat voornemende lede slegs teleskoop observasie wil doen word bespreek. Lede kan elk 'n geleentheid kry om oor 'n onderwerp 'n voordrag te lewer. 'n Vooraf beplande program moet uitgedeel word, met bv. oa slegs 1 X kwartaal observasie. Die doel van die vereniging moet onder lede se aandag gebring word. Uitstallings en 'n bronnelys van leesstof kan elke byeenkoms interessanter maak, veral wanneer daar oor 'n sekere onderwerp gepraat word.
Die vereniging moet ook as waghond optree teen sterrekundige flaters wat in die pers begaan word. Die voorsitter verwys na die wyse waarop Die Volksblad die maan siklus aangegee het.
Die notule word voorgehou en goedgekeur. Die volgende sake spruit uit die notule:
Die briefhoof moet nog goedgekeur word deur Mnr. Van der Walt.
Mev. Venter moet nog die vraelys saamstel.
Adreslys moet nog aan alle lede uitgedeel word.
Mnre. de Coning en Van Zyl sal nog opgelei word om by Boyden behulpsaam te wees met die hantering van groepe.
Daar word verwys na die aflsuitingsfunksie in Desember 1992 aan huis van Mnr. van der Walt.