1990 - ASSA Bloemfontein Centre

Maart 9de, 1990, Huis van Mnr. P. Erasmus, om 7nm.
Daar word voorgestel dat die ledegeld verhoog moet word maar dit moet oorstaan tot die jaarvergadering. Mnr. Erasmus weet van persone wat belangstel in die vereniging en die vergaderings moet meer interessant aangebied word deur prakties die sterre te observeer.
Mnr. van der Walt onderneem weereens om iemand te gaan spreek om krag na die gebou op Naval Hill aan te sluit. Hy sal saam met Mnr. Rabe die gebou besoek om te kyk waar dit verbeter kan word. Sou dit gebeur kan die publiek weereens uitgenooi word.
'n Uitstappie word beplan na Mnr. Bob Hewetson, "de Put", Brandfort. Mnr. v/d Walt sal hom skakel. Hy sal ook die SAUK skakel vir 'n praatjie en die vergaderings datums vasstel.
Mnr. Sheppard vra dat daar gekyk moet word na die versilwering van spieëls.
Mnr. Rabe gesels oor die vordering van die sterrekunde woordeboek. Hy noem dat hulle daaraan dink dat hulle volgende jaar met die sonsverduistering 'n skip wil reël na die Atlantiese oseaan.

Augustus 3de, 1990, Algemene Jaarvergadering, Huis van Mnr. Van Der Walt, om 7nm.
Verkiesing van die komitee:
Voorsitter en Tesourier: Mnr. H. van der Walt
Ondervoorsitter: Mnr. C. Rabe
Sekretaresse: Mev. S. Rabe
Komiteelede: Mnre. Terblanche en Erasmus.
Hierna word die jaarverslag en die Elektroniese stervinder bespreek.

Augustus 3de, 1990, Huis van Mnr. Van Der Walt, om 7nm.
Volgende sake word bespreek:
Besluit oor plakkers van Natalklub.
Boydenteleskoop. Mnr. v.d. Walt het in gesprek getree met Mnr. Barkhuizen en sal die saak verder voer met Prof. P. E. Viljoen.
Praatjie tov skepping wat slegs 20 000 jaar oud is.
Brief van 'n persoon van die beskermende werkswinkel wat in die vereniging belangstel.
TV program oor die ontwikkeling van VSA ruimteprogram asook evolusie.
Boek "Fraud in Space".
Hubble teleskoop asook sy probleme.
Koerantartikel. Mnr. vd Walt sal met 'n dame by die Volksblad skakel.

September 5de, 1990, Huis van Mnr. Van Der Walt, om 7nm.
Mnr. vd Walt lees 'n brief wat hy gestuur het aan Prof. Potgieter om aansoek te doen vir die gebruik van 'n teleskoop by Boyden Sterrewag. Daar is nog nie 'n antwoord op die brief ontvang nie. Dit is deur die lede goedgekeur.
Die afluitingsfunksie word bespreek. Dit is 7 Desember 1990 en is 'n bring en braai.
Mnr. Rabe gesels oor sy sterrekunde projek.