1988 - ASSA Bloemfontein Centre

Januarie 28ste, 1988, Woning van Mnr. Erasmus, om 8nm.
Daar word besluit om die partytjie by Kafferrivier te hou, 'n bring en braai met drank deur die tak voorsien.
Dit blyk dat Mnre. Tereblanche en Rabe op die komitee van die Sterrekunde woordeboek is.
'n Skrywe is van Mnr. Scobil ASSA verteenwoordiger ontvang en hy vra wat daar op die volgende vergadering bespreek moet word. Die algemene gedagte was dat daar meer vir die suidelike halfrond gedoen word en dat ASSA dit moet opneem.

April 28ste, 1988, Woning van Mnr. Hennie Van Der Walt, om 8nm.
Daar word besluit om die partytjie uit te stel tot die end van 1988.
Die ASSA Solar section Boksburg het 'n skrywe aan ons gerig waarin hulle vra of ons belang stel om die son waar te neem. Hulle sal ons van verslae voorsien. Die sekretaris sal hulle antwoord.

Junie 23ste, 1988, Woning van Mnr. Hennie Van Der Walt, om 8nm.
Mnr. Erasmus simpatiseer met die afsterwe van Mattie en Frans se vader. Hoop word ook uitgespreek vir Mnr. Terblanche vir spoedige herstel van sy siekte.

Augustus 8ste, 1988, Algemene Jaarvergadering, Woning van Mnr. Hennie Van Der Walt, om 8nm.
Die volgende komiteelede word verkies:
Voorsitter: Mnr. H. van der Walt
Ondervoorsitter: Kobus Rabe
Sekretaris: Lesley Stone
P.R.O.: Mev Rabe
Verteenwoordiger: Mnr. J. Van Elinckhuizen
Komiteelede: Tom en Rassie en Martin Bothma.
Die nuwe voorsitter rig 'n spesiale woord van dank aan Hennie Terblanche vir drie jaar van voorsitter wees en aan Mnr. Frans Neser vir 17 jaar van Sekretaris wees.
Daar word besluit dat vergaderings maandeliks sal wees en wel elke 4de Vrydag van die maand. By elke vergadering moet iemand 'n praatjie lewer.

Augustus 26ste, 1988, Woning van Mnr. Hennie Van Der Walt, om 8nm.
Die afsluitings funksie word verskuif na 18 November 1988 en dan sal ons besluit oor die plek van die Januarie vergadering. Datums en onderwerpe vir bespreking vir die jaar Augustus 1988/Julie 1989 is gereël. Alle vergaderings om 19h30.
Onderwerp vir bespreking: Mars. Aanbieder Mnr. H. Van Der Walt. Dit was 'n interresante praatjie wat tot bespreking gelei het.

September 30ste, 1988, Woning van Mnr. Hennie Van Der Walt, om 8nm.
Daar is 'n bespreking gehou oor die maak van teleskope en die voordele van verkykers. Daarna is daar deur Mars en Saturnus gekyk deur Mnr. Van Der Walt se teleskoop.

Oktober 28ste, 1988, Woning van Mnr. Hennie Van Der Walt, om 8nm.
Mnr. Tom Shepard het gepraat oor die sluip van teleskoop spieëls en die maak van teleskope. Hy het 'n "schief spiegler" reflector wat hy self gemaak het ook saam gebring en die werking daarvan verduidelik.