1986 - ASSA Bloemfontein Centre

Februarie 7de, 1986, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Van Ellinckhuizen verwittig dat die 8 1/2 duim feitlik voltooi is. Dit het nou 'n Dobsonian montering, aangesien teflon nie beskikbaar was vir 'n konvensionele montering nie. Die oorspronklike diagonaal het gebreek en hy het dit vervang. Mnr. Neser belowe die lense van 'n ou verkyker vir die vindteleskoop.
Mnr. Terblanche vertel dat die dak van die sterrewag baie moeilik oopskuif en dat die aste geolie moet word. Lede sal dit naweke moet doen. Die deur moet met staal versterk word want dit lyk of iemand daar wou inbreek. Hy het 'n brief aan die munisipaleit gerig vir die verdere huur van die geboutjie. Hulle sal dit gratis vir 'n tydperk van 5 jaar gee op voorwaarde dat dit in die staatskoerant publiseer moet word en dat die tak die kostes daarvoor moet dra. Mnr. Ellinckhuizen sal Mnr. Willie Stander van die Stadsraad vra wat die kostes sal wees.
Die publieke aande sal in die Bloemnuus adverteer word met 8 persone op 'n slag.
Die partytjie van verlede jaar was 'n groot sukses en Mnr. Terblanche is bedank vir die voorsiening van die vleis. Lg. sê dat hy in kontak met Prof. Jarret was vir 'n besoek maar dat hy nie tegemoetkomend was nie. Mnr. Van Der Walt sê dat hy moontlik 'n kontak het wat die besoek sal kan reël.
Mnr. Van Der Walt nooi die tak na die inwyding van sy sterrewag op 25 April. Die uitnodiging word met dank aanvaar.

Maart 7de, 1986, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Die 8 1/2 duim teleskoop is amptelik in gebruik geneem en 'n spesiale woord van dank is aan Mnr. Ellinckhuizen gerig vir sy moeite. Dit blyk dat die koste vir die teflon, verf en diverse artikels R30 beloop het. Mnr. Van Elinckhuizen was bereid om in ruiling vir een van die klub se 4mm oogstukke vir die koste te aanvaar. Die saak is dus so geskik.
Mnr. Elinckhuizen verwittig dat hy met Mnr. Stander van die Munisipaliteit gesels het oor die vervreemding van die sterrewag. Dit blyk dat dit volgens ordenansie moet geskied, en dat dit R100 sal kos. Daar word gevoel dat dit te veel geld is en dat die geboutjie liewer gehuur moet word. Ondersoek sal hierna ingestel word.
Die besoek aan Boyden en besoekersaande moet oorstaan totdat Halley verby is. Die Halley aand sal op 18 April gehou word.

Mei 23ste, 1986, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Vervreemding van die Sterrwag: Mnr. Van Elinckhuizen verwittig dat dit tans in die Staatskoerant publiseer word en hy sal die rekening voorlê vir betaling sodra hy dit ontvang.
'n Skrywe is ontvang waarin gevra word wie die tak se verteenwoordiger op die Raad sal wees. Mnr. Van Elinckhuizen word voorgestel met Mej. Booth as plaasvervanger in die Kaap. Eg. sal die brief skryf.
Mnr. Erasmus het 'n brief van die Oranje Voël Vereniging gekry waarin die moontlikheid van die hou van 'n Omgewingsbewuste dag genoem word. 'n Vergadering word op 26 Mei by die Dieretuin gehou en Mej. Coetzee en Mnr. Van Elinckhuizen word genomineer om dit by te woon. Daar word voorgetsel dat 'n statiese uitstalling gehou word met die nodige plakkate asook die adres van die vereniging, asook 'n teleskoop aand by die sterrewag. Datum vir so 'n aand is 24 Oktober wanneer Mars, Jupiter, Saturnus en Uranus en Venus sigbaar sal wees.

Junie 27ste, 1986, Woning van Mnr. Van Der Walt, om 8nm.
'n Skrywe is van weer ontvang van die Oranje Voëlverenging oor die uitsalling in die Sanlam Plaza vanaf 13 tot 18 Oktober 1986. Mnr. Van Elinckhuizen sal skakel hieroor.
Oor die huur van die Sterrewag word voogestel dat 'n afskrif van die Staatskoerant verkry word so ook oor die huur van die sterrewag. Besoek aan die sterrewag: Die PRO van die Munisipaliteit moet hieroor gekontak word en die fase van die maan moet ook in ag geneem word.
Mnr. Van Der Walt sal weer 'n poging aanwend om 'n besoek aan Boyden te reël. Blykbaar is Boyden Sterrewag in vir probleme na die aftrede van Prof. Jarret. 'n Skrywe is van Danie Overbeek ontvang insake okkultasies.

Julie 25ste, 1986, Algemene Jaarvergadering, Woning van Mnr. Hennie Van Der Walt, om 8nm.
Mnr. Van Elinckhuizen verwittig dat 'n 6 duim teleskoop plus 4 oogstukke geskenk is deur Mnr. Wederpool. Eg. word bedank vir die goeie funsionering van die 8 duim teleskoop.
Die ledegeld is R5 vir volwassenes en R3 vir studente.
Hierna word die komitee verkies:
Voorsitter: Mnr. Terblanche
Ondervoorsitter: Mnr. H. Van Der Walt
Sekretaris/Tesourier: Mnr. F. Neser
P.R.O.: Mnr. Van Elinckhuizen
Komiteelede: Mnr. Bothma, Mev. Coetzee

September 26ste, 1986, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Van Elinckhuizen berig dat hy nog 'n skenking van 'n teleskoop van die tak gekry het. Verder word die uitstalling, besoekersaand, veiligheidshek en krag na die geboutjie weer bespreek. Die statiese uitstalling word vanaf 13 tot 19 Oktober 1986 in die Sanlam Plaza gehou. Mnre. Van Der Walt en Van Elinckhuizen sal die nodige doen.

Oktober 31ste, 1986, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
'n Woord van dank word aan Mnre. Van Der Walt en Van Elinckhuizen gerig vir hulle moeite met die uitstalling. Mnr. Van Ellinckhuizen het Saterdag 'n skyfie vertoning gegee waarin 20 girl guides en boy scouts deel gehad het.
Wat die aanstelling van die krag betref verwittig Mev. Coetzee dat daar probleme is met die kabel. Mnr. Viljoen sal Pieter Geldenhuys skakel. Hy is die voorsitter van die sterrewag stigting.
Daar word besluit omm die afsluiting op Saterdag 22 November 1986 by Mnr. Viljoen te hou. Mnr. Terblanche sal die skaapvleis voorsien. Die sekretaris moet 'n paar kilogram word en drank koop.