1982 - ASSA Bloemfontein Centre

Januarie 28ste, 1982, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Wat die sterreaand by Rayton aanbetref blyk dit dat daar groot belangstelling was en meer as 40 mense was teenwoordig.
'n Skrywe is van Indaba Durban ontvang waarin maandelikse nuus van die tak gevra word. Daar word egter besluit om net met okkultasies en groot gebeurtenisse inligting te verstrek.
Daar word afskeid geneem van Mnr. Rene Hediger wat na Stellenbosch gaan om chemiese ingeneurswese te studeer. Hy word alle sukses toegewens.
Mnr. Viljoen onderhandel met SUKOVS vir die installering van 'n kraglyn wat niks sal kos nie. Hy plaas ook die 6mm en 40mm oogstuk saam met die 6 duim teleskoop wat Rene geleen het terug in die kas.
Dit blyk dat die nuwe lid Mnr. Terblanche 'n kursus in sterrekunde by UNISA volg. Hierna lewer Rene 'n baie interresante praatjie oor globur clusters.

Februarie 25ste, 1982, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Viljoen berig dat 'n kabel gelê is vir krag vanaf die hoofgebou. R42 is aan Mnr. Viljoen verskuldig. Mnr. Wilcocks maak 'n R10 donasie hiervoor. Hy sal ook 'n donase skenk vir plastiek vir die verdigting van die gebou.
Mnr. Walker sê dat hy 'n brief aan J. Hertz gestuur het insake okkultasies maar dit is nie publiseer in MNASSA nie. Hertz het geantwoord dat probleme ondervind word maar dat dit reg gestel word. Daar is ook 'n misvertand oor die verteenwoordiger op die raad, dit sal reg gestel word.
Mnr. Andrew Gray, gewese voorsitter van die Durban tak kla omdat daar geen reaksie van ons tak verkry is oor sy voorstel om 'n simposium in Bloemfontein te hou nie. Daar is egter geen offisiële skrywe hieroor ontvang nie. Mnr. Erasmus sal die saak so aan Mnr. Gray oordra.
Mnr. Erasmus stel voor dat daar elke twee maande 'n publieke aand gehou word in die lig van die Rayton braai. 'n Paar teleskope kan gebruik word sodat dit nie baie rond beweeg hoef te word nie. Dit sal op die volgende vergadering bespreek word.

Maart 25ste, 1982, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
'n Lêer is van Rene Hediger ontvang as donasie en daar word voorgestel dat hy hiervoor deur die sekretaris bedank word. Observatory Kaapstad beweer dat hulle die jaarverslag van Mnr. Viljoen nie ontvang het nie. 'n Afskrif is aangestuur.
'n Skrywe is van Pat Booth ontvang insake 'n bespreking op 'n vergadering van die Raad waarin die verhoging van ledegeld bespreek is. Sy is versoek om te steun soos wat sy goed dink.
Mnr. Erasmus berig dat hy Mnr. Gray gebel het oor die simposium en 'n opvolgende skrywe is ontvang. Daar word voorgestel dat die simposium in 1983 gehou word. Dit sal oor 'n Paasnaweek gehou word. Die volgende is voorgestel: Besoeke aan Boyden en Lamount Hussey. Praatjies by Boyden. Prof Jarret en Dr. Block sal deur Mnr. Walker gekontak word. 'n Braai by Rayton. 'n Besoek aan Dr. Bruwer wat 'n horlosie het van historiese belang. SAUK en Nasionale opvoeding sal gekontak word deur Mnr. Terblanche, asook skole.
'n Boek is van Mnr. Keuris ontvang. Mnr. Erasmus sal die pers kontak vir 'n sterreaand by die volgende vergadering.

April 29ste, 1982, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Andrew Gray sal al die reëlings omtrent die simposium maak. Mnr. Walker het Prof. Jarret gekontak wat voorstel dat die simposium twee weke na die paasnaweek gehou word. Verder kan hy dit nie akkomondeer nie aangesien hy nie personeel het nie. Verder sê hy dat daar op 9 Mei 1982 'n okkultasie plaasvind. Alle belangstellendes moet op die Soutpanspad bymekaar kom om 1/4 voor 6.
Daar sal 'n sterreaand die 27ste Mei vir die Voortrekkers gehou word.
Addendum: Op 7 Mei 1982 is 'n spesiale vergadering gehou waar die volgende besluit geneem is: Mnr. Walker sal as tussenganger optree tussen die tak en Mnr. Gray aangaande die Simposium. Hy sal die end van die maand Bloemfontein toe kom vir besprekings. Mnr. Walker het volmag om op te tree soos hy goedunk.

Junie 7de, 1982, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
'n Brief is van Mnr. Gray ontvang insake die simposium waarin hy noem dat hy propaganda sal maak daarvoor. Dit sal die 2de naweek na die paasnaweek gehou word. Skrywes is aan alle takke gerig om te antwoord.

Julie 29ste, 1982, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Nadat die uitredende voorsitter Mnr. Erasmus se verslag en die finansiële verslag voorgelees is word die volgende lede verkies:
Voorsitter: Mnr. P. Erasmus
Ondervoorsitter: Mnr. B. Viljoen
Sekretaris: Mnr. F. Neser
Verteenwoordiger: Mnr. G. N. Walker
Mnr. Walker berig dat mnr. Gray voorgestel het dat die simposium die naweek van 15-16 April gehou word. Alle takke is hieroor ingelig. As verblyf plekke is Pres. Hotel of Mazelspoort voorgestel. Busse sal gereël word vir vervoer.
Chairman's report:
During the past year members have as usual been busy practising their various interests in astronomy. In general the weather has not been too bad and sufficient "good seeing" was available to enjoy our hobby. Monthly meetings were held at our observatory site on Naval Hill and occasionally at members homes and for their hospitality we thank them.
Members, in alphabetical order, were taking turns in presenting the programmes for the monthly meetings and if talks were given copies are kept on file with other literature of the Centre. Observational notes are also kept in this way for future reference. For example sketches made at the eyepiece of various objects like planets, moon, nebulae et cetera, and not forgetting occultations.
Occultations: Mr. Walker reported the following:
"My report for this year is fairly brief. Due to various circumstances I have not been able to do as many total occultations this year as I would have wished."
Total occultations:
Disappearances - 6
Reappearances - 9
Minor Planets:
27.8.81 Ninina - Observation attempted - Cloudy
30.3.82 Eunomia - Telescope bumped at critical moment. Star picked up again as planet moved away.
5.6.82 Observed - No occultation (Two members observed from opposite sides of town)
Graze:
25.5.82 By ZC 2797 - Two observers at Station 1, and one at Station 2, Timing failed at Station 2.
Star evenings
At the end of November 1981 we organised a public evening on a "bring and braai" basis at the Botanical Gardens. Unfortunately only members took part in the "bring and braai" bit. However, due to the publicity this event received in the local press, it turned out to be a tremendous success with about 40 people attending. We thank the Press for their support. It was an exceptionally clear evening with Venus so bright it cast shadows. Three telescopes were used, a 175 Newtonian owned by Mr. Jack Ellinckhuizen, a 250mm RFT and a 75mm owned by Mr Wilcocks.
This year was however, not without its sad news. We were all shocked to learn of the sudden passing away of Senator C.T.M. Wilcocks who was a senior member of the Centre and also a very distinguished citizen of Bloemfontein, being both an ex Mayor as well as Senator. He remained an active member right up to his death. Our deepest sympathy is extended to his wife and family.
We have finally made contact with Mr. Gary and arrangements with regard to the proposed symposium are apparently well under way. Everything points to a symposium with enough variety on the programme to make it the most memorable yet held.
In conclusion, many thanks to the Committee and the members of the Centre for their support during the year. A special word of thanks to our Secretary Mr. Frans Nezer who celebrates his tenth year as Secretary of the Centre. We appreciate the work you are doing with so much dedication.

September 2de, 1982, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Gray sal Bloemfontein middel Oktober besoek. Mnr. P. Blommenstein van Kimberley wil inligting oor die Simpsium hê. Mnr. Walker sal antwoord.
'n 6 Duim teleskoop is weg en niemand weet wat daarvan geword het nie. Verdere navrae sal op die volgende vergadering gedoen word.

Oktober 28ste, 1982, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Daar bestaan 'n moonlikheid dat Rene Hediger die 6 duim mag hê. Mnr. Walker sal hom kontak.
Die simposium sal bekend staan as projek Galileo. Daar moet 25 dubbelkamers en 10 enkel kamers bespreek word.
Die jaarverslag is nie ontvang nie en weer aangestuur hoofkantoor toe.
Mnr. Walker het 'n skrywe aan die Nasionale Fisiese Navorsing Laboratorium gestuur insake die abnormale ZUO tydsein.
Daar word besluit om Vrydag 26 November die partytjie op Rayton te hou. Dit sal 'n bring en braai wees en Prof. Jarret sal genooi word.