1981 - ASSA Bloemfontein Centre

Februarie 5de, 1981, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr Walker verwittig dat daar op 12 Februarie 'n okkultasie plaasvind van 'n astroïde en 'n ster. Die tak sal dit wel aanpak.
Mnr. Erasmus verwittig dat hy die geboutjie op Brandkop gevat het en Jack Elikhizen die teleskoop. Daar sal gereël word vir die betaling daarvan. Mnr. Zölner het sy bedanking ingedien as lid van die tak omdat hy vir veearts gaan leer. Die tak het met jammerte hiervan kennis geneem.
Daar is besluit om Prof. Jarret te kontak vir 'n vergadering op Mazelspoort.
Mnr. Wilcoks sê dat hy 'n brief aan die stadraad gerig het vir die herstel van die sterrewag se vloer. Die stadsraad is nie bereid om die geld te spandeer nie.

Februarie 26ste, 1981, Woning van Mnr. Erasmus, om 8nm.
Die okkultasie tussen die ster en die astroïde is bederf deur swak weer.
Mnr. Walker verwittig ook dat die afspraak met Prof. Jarret voorlopig gereël is vir die 13de Mei 1981, om 7nm. Mnr. Erasmus verwittig dat hy die geboutjie op Brandkop geneem het en gevra dat die betaling uitgestel kan word tot Julie. Dit word algemeen aanvaar.
Hierna lewer Mnr. Walker 'n praatjie oor relatiwiteit wat deur almal geniet is.

April 2de, 1981, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Walker verwittig dat die volgende okkultasies plaasvind: 24 April, 30 myl op die Edenburg pad, 23 Mei, 4 myl op die Dewetsdorppad.
Mnr. Viljoen stel voor dat die tak die Planetarium se maandblad bestel teen R5,00 per jaar. Dit word algemeen aanvaar. Verder blyk dit dat spieëls gealmuniseer kan word by Sutherland in die Kaap. Daar moet gereël word vir geleentheid om die spieëls soontoe te neem.
'n Skrywe is van die stadsraad ontvang waarin hulle bereid is om die sterrewag se deur en vloer te herstel.
Daar word besluit om op die volgende vergadering afkeid te neem van Oom Gert wat die einde Mei na Sasolburg vertrek.

Mei 7de, 1981, Woning van Mnr. B. D. Viljoen, om 8nm.
Mnr. Walker verwittig dat die okkultasie van 24 April nie aangepak is nie as gevolg van bewolkte weer. Mnr Wilcocks word versoek om verdere reëlings met die munisipaliteit te tref ivm met die herstel werk van die sterrewag, en bedank daarvoor. Mnr. Viljoen sal met SUKOVS praat oor die krag na die geboutjie.
'n Brief is van Mnr. Pontigio ontvang wat graag by die tak wil aansluit. Hy ondergaan tans militêre diensplig by die Pantzerskool. Mnr. Walker sal met die bevelvoerende offisier onderhandel sodat Mnr. Pontigio vergaderings kan bywoon.
'n Tjek van R100 is van Mnr. Erasmus ontvang vir die Brandkop geboutjie. Hy verwittig dat hy by die tak in Pietermaritzburg was waar hy baie gulharitg ontvang is.
Mnr. Walker sê dat die okkultasie van 23 Mei aangepak sal word deur die tak.
Vir die besoek aan Boyden sal daar by Oom Gert se huis bymekaar gekom word en met een voertuig gery word. Hierna het die vergadering verdaag om afskeid te neem van Oom Gert Muller wat 12 jaar lid was van die tak en 'n hele aantal jare as voorsitter opgetree het. Mnr. Viljoen. Walker en Wilcocks rig hierna elkeen 'n woord van dank aan Oom Gert vir sy toewyding en goeie voorbeeld wat hy aan die tak gestel het. Die verhuising van Oom Gert word as 'n verlies vir die tak beskou. Oom Gert sê hierna dat hy dit baie geniet het en hy hoop dat die tak sal groei.

Junie 4de, 1981, Woning van die sekretaris, om 8nm.
Mnr. Viljoen sê dat hy nie die ster kon sien van die okkultasie van 23 Mei nie, en dat Mnr. Hediger se radio nie gewerk het nie. Mnr. Walker was suksesvol.
Wat die besoek aan Boyden betref word daar besluit om 'n brief aan Prof. Jarret te stuur van waardering.
Mnr. Viljoen bied aan om Mnr. Pontigio in kennis te stel van die volgende vergadering.
Mnr. Erasmus stel voor dat 'n inventaris gehou word van al die tak se besittings. Algemeen aanvaar. Verder word daar voorgestel dat wanneer 'n praatjie deur 'n lid gelewer word 'n afskrif daarvoor aan die biblioteek beskikbaar gestel word.

Junie 25ste, 1981, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Sandra Heyden die nuwe lid word verwelkom. Daar word voorgestel dat die Algemene Jaarvergadering weer by Mnr. Wilcocks se huis gehou word.

Julie 28ste, 1981, 20ste Algemene Jaarvergadering, Woning van Mnr. C. T. M. Wilcocks, om 8nm.
Nadat die uittredende voorsitter Mnr. Viljoen sy verslag gelees het word daar oorgegaan tot die kies van nuwe komiteelede:
Voorsitter: Mnr. P. Erasmus.
Ondervoorsitter: Mnr. B. D. Viljoen
Sekretaris: Mnr. F. Neser
Verteenwoordiger: Mej. P. Booth
Rene Hediger stel voor dat 'n program van praktiese waarneming gekoppel met teorie gevolg moet word. Dit is algemeen aanvaar.
Mnr. Viljoen gee hierna 'n lesing oor die delnonstarsie van oogreliëf en vastigmatisme van die oë.

Augustus 20ste, 1981, Woning van Mnr. Erasmus, om 8nm.
Mnr. Erasmus stel voor dat daar na elke vergadering waarnemings gedoen word. Daar moet 'n program gevolg word en rekord moet gehou word. Planete kan bestudeer word, Messier voorwerpe kan gesoek word en gewone okkultasies kan aangepak word.
Daar word voorgestel dat 'n sterreaand vir die publiek gehou word met die nodige advertensies in die koerante. Daar moet 'n telefoon nommer gegee word om belangtelling te toets.

September 24ste, 1981, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Erasmus maan oor die sterreaand vir die publiek dat daar elke maand dan een gehou sal moet word met iets nuuts wat elke keer aangebied moet word. Dit word algemeen aanvaar dat dit agterweë gelaat moet word.
Oor die waarnemings moet elke waarnemer sy keuse waarneem maar moet boek hou daarvan, anders dien dit geen doel nie. Daar word voorgestel dat die tak 'n boek aanhou hiervoor. Waarneming van die konstelasies kan deur die hele tak gedoen word.
Die munisipaliteit het die gat in die vloer mooi toegemaak en 'n nuwe deur aangesit. Mnr. Wilcocks word versoek om die munisipaliteit te bedank en word self bedank vir sy werk.
Mnr. Erasmus stel voor dat daar op 'n rotasie van die lede reëlings getref moet wprd vir die vergaderings, en dat die laaste vergadering met 'n vleisbraai afgesluit moet word, waarna familie en vriende heen genooi kan word. Die braai sal in November gehou word waarna daar deur die teleskope gekyk kan word.
Die 6 duim wat aan Mnr. Lather geleen was word aan Mej. Hediger op sy versoek uitgeleen.

Oktober 29ste, 1981, Huis van Mnr. Erasmus, om 8nm.
Daar word voorgestel dat die braai by Rayton gehou word en dat Prof Jarret en Dr. Block genooi word. Dit sal 'n bring en braai wees. Dit sal die laaste Donderdag in November wees om 6nm en Mnr. Erasmus sal sy 10 duim teleskoop bring. Mnr. Keuris sal ook genooi word. Mnr. Walker word afgevaardig om te reël vir Rayton.
Hierna is daar deur Mnr. Erasmus se teleskope gekyk.