1980 - ASSA Bloemfontein Centre

Januarie 31ste, 1980, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Dank word teenoor Mnr. Viljoen uitgespreek vir die kleurfoto's wat hy in die sterrewag opgeplak het. Hy lees verder 'n baie interresante artikel oor die reis van Voyager I na Jupiter voor.
Mnr. Erasmus vertel daarna aan die vergadering hoe hy sy 6 duim skiefspiegler gemaak het. Hy nooi alle lede om die volgende vergadering, indien die weer dit toelaat, by hom te hou. Sy adres is Jodeph Orpen straat 3, Wilgehof.

Februarie 28ste, 1980, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Die voorsitter verwittig dat daar op 9 Maart 1980 'n okkultasie om 4/20 vm plaasvind. Die ster is 'n 4.4 sterkte. Die tak sal hierdie een aanpak. Op 29/02/1980 vind 'n okkultasie van Regulug plaas.
Die voorsitter verwiittig dat die Boy Scouts geïntreseerd is in 'n sterreaand. Daar word besluit dat so 'n aand sal saamval met 'n vergadering in April. Verder word voorgestel dat vergaderings elke Donderdag sal plaasvind. Weens die feit dat Mnr. Erasmus op verlof is word daar besluit om die volgende vergadering by hom te hou.

Maart 27ste, 1980, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Walker verwittig dat die okkultasie van 9 Maart 1980 suksesvol was. Die volgende okkultasies vind plaas: 5 Mei om 23h20, 3 myl uit die stad. 10 Mei, 4 myl uit die stad. 5 Junie, 7 myl uit die stad. Verder sê hy dat 'n sterreaand op 17 April 1980 vir die Boy Scouts beweging gehou sal word.

Junie 26ste, 1980, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Daar word besluit om die Algemene Jaarvergadering by Mnr. C. T. M. Wilcox te hou. Mnr. Walker verwittig dat hy nie beskikbaar is as voorsitter nie. Verder word voorgestel dat daar elke 2de maand 'n vergadering by die museum se saal of by lede se huise gehou sal word.
Mnr. Walker verwittig dat daar geen "grazing" okkultasies in die afsienbare toekoms plaas vind nie.

Julie 24ste, 1980, 19de Algemene Jaarvergadering, Woning van Mnr. C. T. M. Wilcox, om 8nm.
Die volgende lede is verkies as bestuurslede:
Voorsitter: Mnr. B. D. Viljoen
Ondervoorsitter: Mnr. P. Erasmus
Ere Sekretaris: F. C. Neser
Uit die voorsittersverslag:
Die uittredende voorsitter verwittig datt daar 'n geringe toename in die aktiwiteite was die afgelope jaar. 'n Paar sterreaande is gehou wat deur die Boy Scouts en 'n groep verpleegsters van die Oranje Hospitaal bygewoon is. Drie okkultasies is aangepak met beperkte sukses as gevolg van weersomstandighede. Wat gewone okkultasies betref was die voorsitter suksesvol met 27 okkultasies.

Augustus 28ste, 1980, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Walker berig dat daar op 15 November en 14 Desember okkultasies plaasvind. Hy het die resultate van 24 okkultasies aangestuur.
Die voorsitter verwittig dat hy moontlik 'n sleutel kan bekom van die sterrewag teater wat sal verseker dat krag altyd beskikbaar sal wees met vergaderings. Daar word ook voorgestel dat 'n 12.5 mm Barlowlens aangekoop word. Wat die vloer van die sterrewag aanbetref word voorgestel dat die raamwerk en vloerbande stewiger gemaak word. Mnr. Wilcox bied aan om die Munisipaliteit hieroor te nader.
Mnr. Viljoen stel voor dat notas uitgestuur word voor vergaderings om lede in kennis te stel. Verder word die vergaderings verander na die 4de Donderdag van elke maand. Mnr. Viljoen stel voor dat 'n kwartaalblad van die tak se bedrywighede opgestel word. Verder vertel hy van 'n persoon wat intereseerd is in radio astronomie en moontlik by die tak sak aansluit.

September 25ste, 1980, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Dit blyk dat die uitstalling van die tak alreeds in die biblioteek aan die gang is en navrae is reeds ontvang. Wat die gat in die vloer van die sterrewag betref sê Mnr. Wilcox dat hy nog nie met die burgermeester in verbinding was nie. Mnr. Viljoen verwittig dat hy oogstukke KBA van die Planetarium sal bestel.
Mnr. Erasmus wys interresante foto's wat hy van die maan geneem het. Hierna word 'n vasvra gehou met mnr. Viljoen as die vraesteller.

Oktober 10de, 1980, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Daar word besluit om die okkultasie van 5 November 1980 aan te pak. Daar word verwittig dat die uitstalling in die biblioteek uitgeskyf is na die binder biblioteek.

Desember 4de, 1980, Naval Hill Sterrewag, om 8nm.
Mnr. Walker verwittig dat die okkultasie van 5 November 1980 se uitslae baie goed is. Wat die uitstalling in die biblioteek betref sal Mnr. Walker reël vir die verwydering van die teleskoop.
Mnr. Viljoen verwittig dat hy 9mm oogstukke en Barlow lense ontvang het.
Die teleskoop by Brandkop is vir R100 aan Mnr. Erasmus verkoop.