1973 - ASSA Bloemfontein Centre

January 11th, 1973, Residence of Mr. Erasmus, at 8pm.
It came to notice that Mr. Erasmus succeeded in buying the Cook photography lens as was requested on the previous meeting for R20. The secretary was requested to draw the owing amount. It came to notice that Mr. Erasmus completed the signboard and the Chairman said that he would contact Mrs. Fichardt in this regard. (The erection of the board).
Mr. vd Berg informed that the setting circles for the 9 3/8 inch telescope are nearing completion. As the mirror of the 9 3/8 inch is in a bad condition the chairman asked Mr. Erasmus to do the necessary silvering, whenever it is possible for him.
A Suggestion was made that a monthly newsletter be sent to our corresponding members but nothing definite was decided in this regard.
The meteor shower of the 17th November 1972 was discussed and all agreed that it turned out to be a fiasco due to the fact that only one or two meteors were spotted during the whole event. It came to notice that on the night of the 24th March there will be a star occultation between 12 o'clock and two o'clock Saturday morning. It was decided to attend to this occultation but further discussions was put of till our next meeting.
A donation of R1,00 was received from Mr. vd Berg as well as R2,00 from Mr. Rhodes, for the drawing made by Mr. Erasmus. The tea collection amounted to R1,15.

Februarie 8ste, 1973, Huis van Mnr. G. N. Walker, Vilonelstraat 39, om 8nm.
'n Begeerte is uitgespreek dat die Vereniging se besittings op 'n sentrale plek in bewaring gehou word bv. die Cook lens, die "starviewers" ens. Mnr. Rhodes bied aan om die artikels in die bewaarkluis by sy werksplek te stoor. Daar word voorgestel dat 'n kas aangekoop word vir hierdie doel. Mnr. Rhodes bied aan om die nodige in die verband te doen.
Die Voorsitter verwittig dat die aandrywing van 9 3/8 teleskoop in 'n swak toestand is en verander sal moet word. Dit lyk dat die ratte foutief is. Hy verwittig verder dat die syfers op die sirkels wat deur Mnr. vd Berg gemaak is, is ongerieflik. Aangesien Mnr. vd Berg nie teenwoordig is nie is besluit om dit tot volgende vergadering oor te laat.
Daar is besluit om hierdie maand die Vereniging se eerste nuusbrief uit te stuur aan lede en Mnr. de Leeuw is versoek om dit op te stel. Die serkretaris sal die nodige inligting in die verband verskaf.
'n Begeerte is uitgespreek dat die teleskope van die Vereniging teen diefstal ens. verseker word. Mnr. Walker vewittig dat hy inligting in die verband sal verkry. Daar word besluit om die teleskope te verseker vir R500.
Dit blyk dat die okkultasie van die 24ste Maart 'n moelike okkultasie aan die ligte kant van die maan sal wees.
Mnr. Muller verwittig dat hy met die kontrakteurs in aanraking gekom het vir die oprigting van 'n latrine by die sterrewag en hy hoop om op die volgende vergadering meer inligting te kan verskaf.
'n Donasie is van Mnr. Rhodes ontvang van R5 wat baie welkom is.

March 8th, 1973, Residence of Mr. D. P. de Leeuw, Gravestr 9, at 8pm.
Mr. de Leeuw said that he could get a wooden box for the centre's lenses and eyepieces. Mr. Walker volunteered to paint the 9 3/8 telescope. It was decided that this telescope will be transported to the observatory on coming Wednesday evening the 14th March. Mr. Rhodes, Erasmus, Linde, de Leeuw and Neser will be available for the loading and off loading of the telescope. The chairman requested Mr. Erasmus to do the silvering of the 9 3/8 inch and 6 inch telescopes mirrors to which he agreed.
In connection with the signboard of the centre, the chairman reported that Mrs. Fichardt agreed to the proposed name of the centre as well as place of erection of the signboard. It will be so placed that it would be visible from the road with two arrows pointing the way.
It was decided that the following people would be invited to the opening of the observatory: Mrs. Fichardt and relatives, Prof. Jarret , Prof van Wyk, Mrs. Boshoff, Ross and Van Schalkwyk, Tyler and Mr. Lincoln as well as the press. Miss Booth agreed to organise the necessary refreshments with the help of some of the member's wives.
A letter was received in connection with a group of American professional and amateur astronomers visiting South Africa, asking for interested persons to act as a travel guide to these people. The Chairman said that he would contact Prof. Jarret in connection with this.
A letter in connection with the Forbes Essay competition as well as entry forms was received and it was decided that members will personally distribute the forms to the following schools: St. Andrews, Eunice, Greenhill Convent, Grey College, Technical High School, St. Michaels.
The following teams will attend to the occultation of the 24th March.: Mrs Keuris and Neser, Erasmus and Linde, Rhodes and Booth, Walker and de Leeuw, vd Berg and Muller. All will come together at 2.30 pm at the drive inn on the Soutpan road before going to the site.

April 12de, 1973, Huis van Mnr. B. vd Berg, Athloneweg 22, om 8nm.
'n Ou gereedskap kas is deur Mnr. de Leeuw aan die tak geskenk waarin alle lense en oogstukke en ander besittings geplaas kan word. Die deksel van die kas sal egter herstel moet word en die kas geverf word. Die Cook lens en skyviewers is intussen voorlopig aan Mnr. Rhodes oorhandig om veilig in 'n brandkluis te plaas.
Die 9 3/8 duim is na die sterrewag vervoer deur Mnr. de Leeuw en seuns van die Tegniese Hoërskool. Die voorsitter bedank Mnr. de Leeuw namens die vereniging hiervoor. Mnr. Erasmus verwittig dat hy nog nie die versilvering van die 9 3/8 duim aangepak het nie, aangesien hy hulp nodig het om dit te doen. Mnr. Muller het aangebied om behulpsaam te wees. Met die bakstene wat oorgebly het sal 'n stoepie by die sterrewag gebou word. Lede kan die sinkplate wat oorgebly koop teen 10c 'n voet, en sal dit self moet gaan haal.
Omtrent die okkultasie van 24 Maart kan met sekerheid gesê word dat okkultasies aan die ligte kant van die maan buite die kwessie is. Dit blyk ook dat die tydseinapparaat redelik goed werk en dat die tydsein so ver as 280 tree langs die draadheining opgevang is.
Die voorsitter verwittig dat hy op die eerste Mei 'n praatjie moet lewer voor die KJV van Bloemfontein Noord en daarna sal hulle na die sterrewag geneem word vir algemene waarnemings. Die volgende lede bied aan om te help: Mej. Booth, Mnre. vd Berg, de Leeuw, FC Neser, J Rhodes.

May 10th, 1973, Residence of Mr. G. J. Muller, 35 Wilcocks Street, at 8pm.
A Proposal by the chairman that the trunk in which the lenses and eyepieces are being stored should be kept at the observatory was accepted. Mr. Erasmus promised to donate a camera body which can be utilised with the Cook lens. The tube of the 9 3/8 inch needed repainting and Mr. Walker volunteered to do the necessary painting. The chairman requested that the stoep of the observatory be completed before May 1973. The road to the observatory as well as the signboard had to be completed. Mr. Rhodes promised to transport 6 chairs , 3 tables as well as a gas stove to the observatory. Miss. P. Booth will be responsible for the refreshments and she requested the secretary to supply her with a list of guests attending the opening. The secretary undertook to send out the invitations - the time of opening being 3:30.
The chairman will contact Prof. van Wyk and ask him to be guest speaker at the opening. Mr. de Leeuw offered to make a ladder to reach the eyepiece of the 9 3/8 inch telescope. Mr. Rhodes was requested to prepare a subject for discussion at the next meeting.

Junie 14de, 1973, Huis van Mnr. G. N. Walker, Vilonelstraat 39, om 8nm.
Na aanleiding van hulle hulp met die verversings met die opening van die sterrewag is 'n spesiale woord van dank teenoor Mej. P. Booth en Mnr. & Mev. Mahaffey uitgespreek. Mnr. Rhodes is ook bedank vir die verskaffing van stoele. Dank is ook teenoor die volgende persone uitgespreek: Mnr. Walker wat die 9 3/8 duim se buis binne geverf het, Mnr. de Leeuw vir die gerieflike leer, Mnr. Erasmus vir die versilwering van die twee spieëls en Mnr. Van der Linde vir die pak van die bakstene om die sterrewag.
Die spieëls moet nog reggestel word en die buis moet buite om geverf word. Die kas met die oogstukke in sal ook nog na die sterrewag gebring word.
Die voorsitter versoek die sekretaris om Proff Van Wyk en Jarret per brief te bedank vir hulle belangstelling en bywoning van die opening van die sterrwag. 'n Brief van waardering moet ook gerig word aan die Fichardts vir die skoonmaak en verwydering van die gras om die sterrewag asook ander hulp wat verleen is.
Mnr. Walker noem dat daar 'n okkultasie op Vrydag die 3de Augustus sal plaasvind om 17:49 uur deur 'n 8.5 sterlite ster. Die punt van die okkultasie is aan die westekant van die renbaan onderkant Brandkop. Daar word besluit om die okkultasie aan te pak en verdere besprekinge in die verband sal op die Algemene Vergadering gehou op die 12de Julie 1973 plaasvind.
Mnr. Rhodes stel daarna die lede se kennis van astronomie op die proef deur vrae wat hy vra uit "1001 Questions about Astronomy".

Julie 12de, 1973, Vyftiende Algemene Jaarvergadering, Huis van Mnr. G. J. J. Linde, om 8nm.
Al die bestuurslede is op voorstel van Mnr. Prinsloo herkies, nl:
Voorsitter: Mnr. G. J. Muller
Onder Voorsitter: Mnr. J. Rhodes
Ere Sekretaris/Penningmeester: Mnr. F. C. Neser
Komiteelede: Mnre. G. N. Walker, D. P. De Leeuw
Finansies: Die balans van die spaarrekening toon 'n krediet van R34,33 soos aangetoon in die balansstaat.
Gebruik van die sterrewag: Mnr. Muller stel voor dat daar minstens een maal 'n week waarnemings gedoen moet word. 'n Program vir die jaar sal deur Prof. Jarret uitgereik word. Mnr. Rhodes stel voor dat 'n publieke sterreaand gehou word met die nodige publikasies in die koerante. 'n Studie van die jaarboek moet gemaak word om te sien hoeveel planete gelyktydig in een aand gesien kan word.
Bates van die tak:
1. 1 Sterrewag
2. 1 - 9 3/8 duim reflektor teleskoop
3. 2 - 6 duim reflektor teleskope
4. 1 - 1/4 refraktor teleskope
Ander:
1. 3 - 25 mm oogstukke
2. 3 - skyviewers
3. 1 - tafel en stoel
4. 2 - maankaarte
5. 1 - diagonaal vir die refraktor teleskoop
6. 1 - Cook fotografiese lens plus 'n "camera body"
7. 2 - Grasbesems, verestoffer en stoflappe
8. 1 - Thermofles
7. 1 - Theodolet en 2 pote
Voorsitter se jaarverslag:
'n Kort maar prikkelende verslag word gelewer deur die herkose voorsitter, Mnr. Muller waarin hy noem dat die tak defnitief meer aktiewe waarnemings van die sterre sal moet doen. Lede sal ook meer moet lees sodat besprekings op die vergaderings kan plaasvind van wat gelees is. Hy bespreek ook die opening van ons sterrewag waar ons as 'n blyk van ons waardering vir die beskikbaarstelling van 'n stuk grond op Brandkop, 'n sleutel oorhandig is aan Mnr. Ewald Fichardt. Aangesien die fasiliteite nou beskikbaar is vir die lede moet daar dan ook van die vriendelikheid van Prof. Jarret gebruik gemaak word om 'n program vir die tak op te stel.

August 9th, 1973, Residence of Mr. Erasmus, de la Reyave, at 8pm.
The occultation of the 3rd August, 1973 was discussed and it was agreed that it would have turned out a success but for the fact that the moon was covered by a cloud at the very last moment. The reception of the ZUO time signal however, was very good. Mr. Walker advised that on the 4th October and 20th November there would be a occultation on the Dealesville rd and one near Bloemfontein. The first occultation takes place, at 11.42 pm, the star being a 3 magnitude, the second at 4.30 am the star a 7.6 magnitude. Further discussion in this regard was put off until the next meeting and the rest of the evening was spent on general discussions.
Mr. Linde was requested to prepare a chapter from "1001 questions of astronomy" for discussion on the next meeting.

September 12de, 1973, Huis van Mnr. G. J. Muller, Wilcocksweg 35, om 8nm.
Die okkultasie van die 4de Oktober het weereens onder bespreking gekom en daar is besluit om voorlopig die volgende spanne te vorm. 1) Mnr. Walker en de Leeuw 2) Mnr. Muller en Neser. Die okkultasie begin om 11.42.17 SAST en vind aan die donker kant van die maan plaas. Die ster is 'n sterkte ster nr. SAO 187756. Daar is besluit om 'n spesiale vergadering te belê op Donderdag 27 September waarna die finale reëlings getref sal word.
Besprekings ivm die okkultasie op die 20ste November word voorlopig uitgestel tot die volgende vergadering.

September 27ste, 1973, Huis van Mnr. G. J. Linde, Genl. Hertzogstraat 94, om 8nm.
Daar is besluit om die volgende opname te vorm ivm die okkultasie. Mnre. Muller en Neser, Walker en de Leeuw, Rhodes en Linde, Mnr. Mahaffey. Daar word besluit dat lede by die plek van die okkultasie sal bymekaar kom by die 46 km punt op die Dealsville pad. Mnr. Walker sal uitgaan om die verskillende stasies te merk.
Mnr. Walker het daarna 'n praatjie gelewer insake die doel van okkultasies, reëlings wat getref moet word, tydseine, waarneming asook die opneem van inligting op band en die korrekte uitwerk van resultate.

October 11th, 1973, Residence of Mr. J. Rhodes, at 8pm.
Occultation of the 4th October and 18 - 19 November 1973: The occultation of the 4th October was discussed and all present agreed that it was an excellent occultation due to the perfect weather conditions and the fact that it was a very bright star and a occultation on the dark limb of the moon. The reception of the ZUO time signal was also very good. The chairman expressed his thanks on behalf of the centre to Mr. Walker for the work done on the marking of the different observation posts as well as clearing the grass at the posts. He said that Mr. Walker is a zealous member and an asset to the centre. The profile of the occultation was thereafter plotted and it turned out be very good. Mr. Walker further advised of a occultation on the 18 - 19th November at 24 hrs 23 min universal time. The moon will be 31% lit and the star a magnitude 5.4. The grazing line will pass 13 miles from Bloemfontein.
Special paper prepared by a member for discussion is volunteered by Mr. Linde and Rhodes for the next meeting.
Use of observatory: As the telescopes in the observatory needs collimating, it was decided to do the necessary work on Saturday the 20th October.

November 8ste, 1973, Huis van Mnr. G. N. Walker, Vilonelstraat 39, om 8nm.
Met verwysing na die suksesvolle okkultasie van 4 Oktober is Mnr. Mahaffey en die personeel van sy kantoor bedank vir die beplanning van die verskillende observasie poste. Mnr. Walker verwittig dat hy die resultate van die okkultasie gestuur het aan Mnr. Herz met afskrifte aan MNASSA en Hurst Moneux in Engeland. Die okkultasie van die 19de November is daarna bespreek en dit blyk dat dit 'n okkultasie aan die ligte kant van die maan sal wees. Die ster is 'n 5,4 sterkte en die maan sal 31% verlig wees maar baie laag op die oostelike horison. Daar is beluit om die okkultasie aan te pak en die volgende spanne is gevorm:
1) Muller - Neser
2) De Leeuw - Prinsloo
3) Walker
4) Mahaffey
Die bymekaarkom plek sal die Golden Moon padkafee wees en die tyd 12.30 vm. Ten slotte stel Mnr. Walker voor dat al die lede se realisie tyd getoets word om die berekenings fout van elke lid vas te stel. Die doel hiervan is om meer okkultasie resultate te verkry. Dit kan gedurende Januarie by ons sterrewag gedoen word.
Praatjie gedoen deur ons lede: Mnr. Linde lees 'n paar bladsye uit die boek "The Evolution of Radio Astronomy" en 'n paar interresante feite word aan die lede oorgedra insake radio sterre en quasars. Dit blyk dat van die quasars wat ontdek was die verste sowat 3 000 000 000 ligjaar weg is. 'n Mens kan jouself moeilik so 'n geweldige afstand indink. Die voorsitter bedank Mnr. Linde vir die bespreking. Mnr. Rhodes of de Leeuw sal die volgende wees om 'n praatjie te lewer.
Gebruik van die sterrewag: Dit blyk dat die teleskope nou reggestel is en gereed is vir gebruik. Die voorsitter stel voor dat die lede 'n program aanpak om die veelbesproke komeet Kohoutek te bestudeer. Die komeet behoort gedurende Januarie net na sononder op die westelike horison sigbaar te wees. Geen definitiewe besluit is egter hieroor geneem nie.