1970 - ASSA Bloemfontein Centre

Januarie 22ste, 1970, Huis van Mnr. G. J. Muller, Wilcocksweg 35, om 8nm.
Ons tak verneem met innige spyt van ons geagte Ere-sekretaris/Penningmeester Mnr. A.W.E. Schultz wat vertrek na Boksburg. Sy afskeidsbrief is voorgelees en die voorsitter het hom namens almal op gepaste wyse bedank vir sy onbaatsugtige en gewaardeerde dienste as sekretaris. 'n Vakature het nou onstaan en Mnr. P. Keuris is daarna aangestel as Sekretaris/Penningmeester. Voorgestel deur Mnr. de Leeuw, gesekondeer deur Mnr. P. Erasmus. Mnr. Keuris het daarna die stoel ingeneem.
Sterrewag. Mnre. Muller en Walker het met Mnr. Fichardt 'n onderhoud gevoer en bevestig dat Mnr. Fichardt voorwaardelike goedkeuring verleen het tot die bou van 'n sterrewag op sy plaas Brandkop. Hiervan is met dank kennis geneem.
Bou van sterrewag. Om die soek van materiaal, beplanning en bou van die voorgestelde sterrewag te behartig het Mnr. G.N. Walker voorgestel dat 'n komitee van +/- 3 lede aangestel sal word. Die lede hiervoor gekies is mnre. Muller, Walker, met Mnr. B. v. d. Berg in raadgewende samewerkende hoedanigheid. Die sameroeper (omsiener) is Mnr. G. N. Walker.
Mnr. D. P. de Leeuw se slypklas: Mnr. de Leeuw raporteer dat hy nog steeds voortgaan op die Techniese Hoërskool met sy slypklasse en dat sy leerlinge reeds verskeie spieëls klaar geslyp het.
Die klub se sametrek by die Voortrekker kamp op Mazelspoort was 'n sukses en die jong mense was baie entoesiasties. Ongelukkig was die lug te betrokke om wetenskaplike demonstrasies te doen.

February 19th, 1970, Residence of Mr. P. Erasmus, 56 de la Rey Ave, at 8pm.
Further in connection with our proposed observatory at Brandkop, the Chairman recommended that a Stockbook should be kept of all our instruments and other various materials. The committee ordained with the organisation of starparties should come together to advance a circular for various schools in the city explaining the purpose of these star evenings. The committee concerned with the proposed observatory brought forward the plans and the costs of materials +/- R140,00. Donations for these must be found and Mr. J. R. Rodes offer's to contact the Rembrand Tobacco Group for some. Baile tubes +/- 3 inch long and 3 1/2 inch in diameter must also be sought for. The thought was expressed that we should begin with a general Library and members are invited to bring donations for it.

Maart 19de, 1970, Huis van Mnr. B. v. d. Berg by Athlonestraat 22, om 8nm.
Die voorgestelde sterrewag: Die boukomitee lê weereens nadruk op die feit dat fondse nou bekom moet word o.a. deur middel van donasies. 'n Brief gerig aan die Rembrand Tabak Maatskappy vir 'n donasie van R300,00 is gelees en goedgekeur. Mnr. Rhodes belowe om die United Tobacco Maatskappy vir 'n donasie te nader. Die geagte voorsitter het voorts aangemaan dat die pad na die beoogde Sterrewag terrien eers aangelê en begaanbaar moet word, sodat die materiaal ens. daar gebring kan word. Die presiese plek van die sterrewag moet ook vasgestel word. Saterdag 11 April om 9:00 is gekies vir hierdie doel. Vrywilligers word gesoek om by Mnr. Gustave Fichardt se hek bymekaar te kom en gereedskap saam te bring.
Steraande: Mnr. P. de Leeuw as lid van die komitee hiermee betrokke het 'n omsenbrief voorgelees, gerig aan verskillende Hoërskole in die stad. Die brief het byval gevind en die Sekretaris is opgedra om dit uit te stuur.
Okkultasies: Mnr. Muller stel ons n kennis dat daar nog steeds voortgegaan word met voorbereidings om hierdie aangeleentheid van Okkultasie-waarnemings 'n werklikheid te maak, en die tegniese aspekte daarvan verduidelik.
Teleskope: Vrywilligers word gesoek vir die verf van ons teleskope, en die oogstukke is bespreek.
Algemeen: 'n Brief van die Hoofkantoor insake die konstitusie is gelees i/s die jaarlikse algemene vergadering en die stuur van rapporte.

April the 16th, 1970, Residence of Mr. P. D. de Leeuw at 9 Grave Street, Hospitaalppark, at 8pm.
The appeal for a donation from Rembrandt Tobacco Co. has been turned down. Mr. Walkers promised a donation of R10. The secretary/treasurer put forward that money of our running expenses should be kept apart from moneys pertaining in the Observatory-fund.
The observatory site has been visited, and a very good convenient spot has been selected and marked. On following Saturday mornings to come members are asked to come and construct a reasonable pathway up to the observatory site. White washed beacons are to be put at various paces to indicate the "mountain pass".
The preparations of our telescope are advancing and Mr. P. Keuris, Harrison and Rhodes have been doing some painting under the supervision and Critical eye of our chairman.
Mr. Walker proposed another day in the week for our ordinary monthly meeting. A suggestion was put forward that at our meetings a silver collection should be held for our funds. This was agreed upon. Mr. Erasmus stated that members should try to collect some materials and donations like angle iron, corrugated iron and Bricks for the floor.

Mei 14de, 1970, Huis van Mnr. P. Erasmus, om 8nm.
Die bedrag voorhande op die Tak se naam word verdeel op Voorstel van Mnr. Erasmus nl. R25 vir Boufonds-Sterrewag en R5 vir algemene uitgawes.
Die pad (Mounten Pass) na die plek van die sterrewag vorder goed. Mnr. Muller sal probeer om klipgruis of grond gemeng met stene te bekom van die Munisipaliteit. Mnr. J. Rhodes sal sorg vir 'n Vragmotor. Mnr. Mahaffey bied aan om grondopmetings te doen vir die fondasie van die Sterrewag. Die materiale verlang vir die bou van die voorgestelde sterrewag word nou oorweeg en bespreek.

August 13th, 1970, Residence of Mr. G.N. Walker, 39 Vilonelstraat
Mr. Mahoffey and Erasmus with Mr. de Leeuw have not yet completed their surveys of the Observatory site. Our further progress on this site depends on their findings. Kokopan mine rails or fencing stands were proposed. Geo-Angle of observatory to the East/West ro that, even if the city buildings expand, there will be no hindrance of city lights. The observatory will be 15 feet long when closed and 30 feet when opened.
Mr. G. N. Walker stated that the starviewers are rather dim and actual unsatisfactory. We should again think of making our own photoslides with photos taken by members.

September 19de, 1970, Woning van Mnr. G. Muller, Wilcocsweg 35, om 8nm.
Mnr. Erasmus het ingestem om foto's van Sterrebeelde te neem vir fotoskyfies.
Die vergadering het besluit om die dag van die week vir byeenkomste weer terug te skuif na die tweede Donderdagaand van elke maand, aangesien Mnre. Erasmus en de Leeuw nie kans sien om Woensdae te kom nie.
Die klub beskik tans oor 2 X 6 duim spieël teleskope en 1 X 4½ duim refrector teleskoop. Hulle word aan lede beskikbaar gestel teen 'n fooi van 50c per maand. Nie-lede mag nie hiervan gebruik maak nie.
Hierna het Mnr. Ben van der Berg 'n praatjie met demonstrasies gelewer in verband met die slyp van glas vir 'n spieël teleskoop. Die verskillende praktiese wenke omtrent die materiaal benodig, die houding van die arms en die regte hanteer van die glas is vir ons van groot waarde. Hy is deur ons voorsitter baie hartlik bedank.

October 22nd, 1970, Residence of B.v.d. Berg, 22 Athlon Street, at 8pm.
Observatory-site serveys have been completed and holes have been dug - 3 feet apart. Mnr. Harrison has an amount of zinc sheets and wood instore until rails are ready for further construct - iron. More measures of the building site will be done at 24th October. Further discussions followed about the position of the rails to the pipes, proposed length of rails 5 of 6 feet on 2 of 15 feet rails.
Mr. De Leeuw brought in R2,00 of his innings on his personal project.
Mr. Brits of Bloemfontein Municipality asked permission to use one of our telescopes to observe the blacks who are doing a painting job on the power station chimneys, for the period of 1 month. This request was rejected. Mr. Muller agreed to lend him his binoculars.

November 12th, 1970, Residence of P. Erasmus at 56 de la Rey Ave, De Wet Extention 1, at 8pm
The main agenda of this meeting was the material to be acquired for our proposed Observatory at Brandkop. Mr. Walker gave us the estimate prices of the material prices. Then followed a longwinded discussion on the matter of the rails. Mr. Rhodes is to confer with Lessing Transport for these or else look for fence poles as rails.
Mr. J. Rhodes offered a welcome donation of R32,00 and Mr. Van Der Berg a further R5,10.

Desember die 10de, 1970, Woonstel van Mnr. J. Rhode, om 8nm.
Die Voorsitter Mnr. Muller vra Mnr. Rhodes om 2 1/2 duim pype te soek (nie langer as 44 duim nie). Hierop volg die vervoer van materiale na die Sterrewag gronde, en die verskillende materiale benodig nl. hoek-yster vir spore van 8 wiele vir die skuifdakke. G. Harrison moet maar planne beraam vir die afbreek van sinkgeboue en laat weet wat die onkoste sal wees hieraan verbonde.
Die vergadering stem saam met die hoofkantoor se strewe na studente lede en ons moet ons in die nuwe jaar ook beywer om studente lede te bekom, met klubfooie 25c per jaar.
Huur van die 6 duim teleskoop is aan Mnr. Neser toegestaan.